Suid-Afrikaners stroom na Zimbabwe vir inentings

Suid-Afrikaners reis nou na Harare in Zimbabwe om teen sowat 1 400 Namibiese dollar met China se Sinopharm of Sinovac ingeënt te word. Die koste dek albei dosisse. Die private hospitaalgroep HealthPoint sê hy het meer as genoeg dosisse beskikbaar.