Jonger mense minder geneig om Covid-inenting te vertrou

Navorsing toon die aanvaarding van Covid-19-entstof in Suid-Afrika het toegeneem. Dieselfde tendens kan in Namibië ervaar word veral na die verwoestende impak van die derde vlaag. Die buurland se Sentrum vir Maatskaplike Verandering aan die Universiteit van Johannesburg het intussen twee verslae bekend gestel oor die jongste bevindings oor die aanvaarding en huiwering oor inenting. Direkteur Carin Runciman sê die opname toon jonger mense is minder geneig om die inenting te aanvaar as ouer mense. Die buurland se verslaggewer Charlene du Toit het meer: