‘R. Kelly het geweet ek is te jonk’

Die verhoor van die Amerikaanse sanger R. Kelly het in New York begin. Kelly staar klagte van seksuele misbruik van minderjariges, omkopery en meer in die gesig. Die eerste getuie het aan die hof vertel dat Kelly wel bewus was dat sy minderjarig was toe hy haar na sy huis gebring het. Toe hulle die kwessie bespreek het, het hy vir haar gesê sy moet vir almal sê sy is 19 en haar gedra soos ‘n 21-jarige. Aanklaers beweer dat Kelly sy gewildheid, geld en roem gebruik het om minderjarige aanhangers na hom toe te lok om hulle te misbruik en dat hy dit vir 20 jaar gedoen het. Hy ontken al die klagte teen hom.