Korrupsie by plaaslike owerhede in SA is kommerwekkend

Corruption Watch in Suid-Afrika sê dit is duidelik uit die meeste korrupsiesake rakende plaaslike regering dat Suid-Afrika in die algemeen ‘n leierskapskrisis het. Die organisasie het volgens sy jongste verslag verlede jaar 857 bewerings van korrupsie in plaaslike regering ontvang. Melusi Ncala van Corruption Watch sê die stad Johannesburg is 700 keer in korrupsie-verwante verslae genoem, gevolg deur Ekurhuleni met 254, Tshwane met 325, eThekwini met 166 en Kaapstad met 125 verslae: