Johnson gee swak reaksie op John Major se kritiek

‘n Voorganger het Britse premier Boris Johnson ‘n kwetsende aanval toegesnou oor die sogenaamde Partygate en sê doelbewuste leuens aan die Parlement behoort altyd noodlottig vir enige politieke loopbaan te wees. John Major het verwys na onthullings van personeel in Downingstraat 10 wat partytjies gehou het tydens streng inperkingsmaatreëls met Johnson wat van die partytjies bygewoon het. Britse media berig Sir John beskuldig Johnson daarvan hy verwag Britte moet die onmoontlike glo, en sê die gebrek aan vertroue in verkose leiers kan nie opsy geskuif word nie. Hy sê Johnson het diplomatieke verhoudings met sy gedrag versnipper. Johnson het so gereageer…