Nasilowski probeer weer Kaapse-swem

Gideon Nasilowski, die Namibiese Paralimpiese atleet beter bekend as “The Amphibian Namibian”, gaan weer probeer om die 7,5 km van Bloubergstrand na Robbeneiland te voltooi. Sy vorige poging in November verlede jaar is deur gure weer in die wiele gery. Oliver Ahrens, Nasilowski se verteenwoordiger, sê dinge lyk hierdie keer baie beter en Nasilowski sal beter voorbereid wees.