Vermeende Maerua-rowers agter tralies tot 20 Mei

Die sewe vermeende rowers wat betrokke was by die rooftog by Maerua Mall in die hoofstad, sal weer op 20 Mei vanjaar verskyn nadat landdros Desire Kamboua die saak uitgestel het. Die groep het volgens die staat mense geteiken wat met kontant op pad was na banke toe om dit te deponeer. Die sewe is Andreas Abed, Fillemon Iyambo, Petrus Ileka, Martin Shilongo, Rainhold Shikongo, Pandeinge Shivute en Johannes Teofelas en hulle staar verskeie klagte in die gesig waaronder ook die onwettige besit van wapens en ammunisie. Borg is geweier en die ondersoek duur voort.