Joe Biden in gesprek met Ramaphosa oor Oekraïne

Die Amerikaanse President Joe Biden was met sy Suid-Afrikaanse eweknie, President Cyril Ramaphosa in verbinding ná Suid-Afrika buite stemming gebly het in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering oor die resolusie om Rusland uit die Menseregteraad te skop. Suid-Afrika het sy besluit regverdig deur te sê hy glo die ter-tafellegging van die resolusie was voortydig en dit loop die uitslag van die onafhanklike internasionale kommissie van ondersoek vooruit. Volgens Suid-Afrikaanse media het die twee staatshoofde oor die Russiese inval in die Oekraïne gesprek gevoer.