Jeugliga moet eers na finansies kyk…

Die Swapo-party se jeugliga het oor die naweek sy sentrale komitee-vergadering in die hoofstad gehou. Daar sal later vanjaar ‘n verkiesingskongres gehou word, voor Swapo se verkiesingskongres wat volgens berigte in November vanjaar plaasvind. Maar volgens die jeugliga se sekretaris-generaal, Ephraim Nekongo, moet hulle eers na die syfers kyk voor die pad vorentoe gebaan kan word.