Aspen in SA moet dalk sluit… nie een bestelling nie

Afrika se eerste Covid-inentingsaanleg loop die risiko om te sluit nadat hy nie ‘n enkele bestelling ontvang het nie. Suid-Afrika se Aspen Pharmacare het in November ‘n lisensiëringsooreenkoms beding om Johnson & Johnson se Covid-entstof te verpak en te verkoop en dit regoor Afrika te versprei. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die ooreenkoms ‘n ‘transformerende oomblik’ genoem in die strewe om skerp ongelykhede in toegang tot Covid-entstowwe aan te spreek. Maar, daar was tot dusver geen bestelling vir Aspenovax ontvang nie.