Jammer vir beurtkrag maar steenkool is nat

Eskom het aangekondig die onlangse aanhoudende nat weerstoestande is die groot haakplek in die vordering met herstelwerk en instandhouding van opwekkingseenhede. Eskom se projek-direkteur, Phillip Dukashe, sê die nat steenkool weens die reën, asook die hoër as verwagte vraag na elektrisiteit oor die Paas-langnaweek, het ook bygedra tot die instelling van fase-vier-beurtkrag: