Omgewing dryf depressie aan – studie

‘n Studie in Sri Lanka het bevind omgewingsfaktore, eerder as genetiese redes, is die grootste aandrywers van depressie in die land. Byna 4 000 mense het aan die eksperiment deelgeneem. Die wetenskaplikes het bevind meer as die helfte van die verskille in depressiesimptome onder die deelnemers kan aan omgewingsfaktore toegeskryf word. Daar word berig dat stresvolle lewensgebeure soos die land se uitgerekte burgeroorlog en die dodelike tsunami van 2004 het tot depressie onder ‘n groot deel van die bevolking bygedra.