‘Owerhede gee nie om vir werkers nie’

Die omstrede buitelandse valuta-belegger Michael Amushelelo, wat self op die oomblik gewikkel is in ‘n hofsaak op klagte van, onder andere, geldwassery, het onlangs by die Namibia Economic Freedom Fighters aangesluit. Hy het baie uitgesproke geraak, veral oor die regte van werkers en maak gereeld plasings op sosiale media in die verband. Hy sê dat arbeidsinspekteurs is aan die kant van besighede en die ministerie en minister is nutteloos. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.