IUM eis nie verpligte inenting

Die Internasionale Universiteit van Bestuur, IUM, se beleid rakende Covid-inentings is volgens die Namibiese gesondheidsministerie. Dit beteken IUM pas die beleid van vrywillige inentings toe. Die voormalige Namibiese onderwysminister en stigter van IUM, dr. David Namwandi, het gereageer op berigte van Suid-Afrikaanse universiteite soos Stellenbosch en Johannesburg wat verpligte inenting vereis.