Namibiese malaria-kenner bekommerd of alle malaria-geteikende gebiede bespuit word

Die Namibiese gesondheidsministerie het einde verlede jaar met ‘n veldtog van binneshuise malariabespuiting in 21 malaria-geteikende distrikte begin. In 2020 is 13 600 malaria-gevalle en 40 sterftes aangemeld. Die ministerie se teiken is om malaria teen 2023 heeltemal uit te wis. Die voormalige gesondheidsminister en kenner op die gebied van malaria-uitwissing, dr. Richard Kamwi, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die veldtog het wel begin, maar hy spreek ook sy kommer uit.