Suid-Afrika stem, kenner sê demokrasie het uitdagings

Suid-Afrikaners gaan Woensdag na die stembus. Volgens alle aanduidings gaan dit ‘n waterskeidingsverkiesing wees omdat die ANC moontlik sy meerderheidsteun gaan verloor. Feitlik alle peilings wys dat die ANC onder 50 persent van die stemme gaan kry, vir die eerste keer in 30 jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor André Duvenhage, ‘n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, wat sê die demokrasie in die land is problematies.