Napso-sportweek ‘n dawerende sukses

Die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, se sportweek het sopas by die privaatskool Elnatan in Stampriet plaasgevind. Sowat 3 600 leerlinge van 21 privaatskole in Namibië het deelgeneem aan Onder-7 tot Onder-19 rugby, netbal en hokkie, asook in skaak-, tennis- en boogskietkompetisies. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Napso, het met Kosmos 94.1 Sportnuus oor die sportweek gesels.