IPPR: Ontdekking van olie en gas gaan ekonomiese beleidsgevolge hê   

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê die ontdekking van kommersieel beduidende hoeveelhede olie en gas sal groot gevolge vir Namibië en baie aspekte van ekonomiese beleid hê. Dit sluit in belasting, inkomste en uitgawes, valuta, ekonomiese diversifikasie, plaaslike eienaarskap, korrupsie en lidmaatskap van belangrike internasionale organisasies. Daar is ‘n groot verskeidenheid ervarings, binne Afrika en verder, waarop beleidmakers en politici kan put om te verseker dat Namibië die hulpbron-vloek vermy en die meeste uit hierdie hulpbron maak voordat die wêreldwye energie-oorgang dit ‘n gestrande bate maak. Hoe gouer beleidmakers hierdie kwessies begin aanspreek, hoe beter, sê die instituut.