Nóg ‘n FIA-besoek laat gissings ontstaan oor Formule 1 se terugkeer na SA

Motorsport: ‘n Sekondêre afvaardiging van die internasionale beheerliggaam, die FIA, se besoek aan Suid-Afrika lei tot verdere gissings oor Formule Een se terugkeer na die land. Die afvaardiging sluit in F1 se hoof van voertuig-prestasie, Craig Wilson, die direkteur van sport, Steve Nielsen, en die hoof-ingenieur, Richard Springett. Hulle gaan die Kyalami-renbaan in Gauteng inspekteer met die oogmerk om die Graad 1-klassifikasie daaraan toe te ken wat nodig is om ‘n Grand Prix aan te bied. Media berig die nodige opgraderings kan tussen 68  en 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand kos.