Ministerie van myne en energie hou inligtingsessie op Walvisbaai

Die Namibiese ministerie van myne en energie nooi die inwoners van Erongo-streek uit na sy inligtingsessie Vrydag op Walvisbaai. Die ministeriële afvaardiging onder leiding van die minister Tom Alweendo sal ‘n terugvoering gee oor die ontluikende geleenthede in die mynbou- en energiebedryf, die twee olie-ontdekkings en die posisie van Namibië se groen waterstof-projek. Die vergadering vind vanaf agt-uur die oggend tot een-uur die middag by die Walvisbaai-stadsaal plaas. Die ministerie se skakelbeampte, Andreas Simon.