IPC loop onder kritiek deur oor aanstelling van vise-president

Die Independent Patriots for Change het onder kritiek deur sommige politieke ontleders deurgeloop oor die aanstelling van sy vise-president Trevino Forbes, deur die president van die party, dr. Panduleni Itula. Forbes is as vise-president aangestel, eerder as om tydens die raadsvergadering in die hoofstad verkies te word. Een ontleder het gesê Itula is naby daaraan om ‘n diktator te wees, weens die veto van mag wat deur die party se grondwet voorsien word. Die Nasionale voorsitter Brian Black het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die party het sy grondwet gevolg.