IPPR stel verslag oor Namibiese toerismebedryf ná Covid bekend

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het vandag ‘n verslag oor Namibië se toerismebedryf ná Covid bekendgestel. Hierdie nuwe verslag vra hoe Namibië se toerismebedryf kan herstel van die impak van die Covid-pandemie. Die direkteur van die instituut, Graham Hopwood, verduidelik waaroor die verslag gaan, maar het ook gewaarsku dat dit nie mense moet mislei om te dink Covid is verby nie.