Maart se kommoditeit is kaas

Die kommoditeit van die maand Maart is kaas, volgens die Namibiese Handel Statistieke-bulletin van die Namibiese Statistieke Agentskap. Gedurende Maart het die land kaas ter waarde van 14,6 miljoen Namibiese dollar ingevoer. Vanaf Maart 2021 tot Maart 2022 het Namibië gemiddeld kaas ter waarde van 14,2 miljoen op ‘n maandelikse basis ingevoer. Die meeste van die kaas wat gedurende Maart 2022 ingevoer is, het van Suid-Afrika af gekom. Kosmos 94.1 Nuus het vir sjef Sanet Prinsloo vir ‘n lekker kaasresep gevra.