IPC is kwaad, maar vir wie en wat?

Die Indpedendent Patriots for Change het ‘n vae verklaring uitgereik waar hy beledigings en intimidasie, sowel as anti-IPC propaganda, ten sterkste veroordeel. Maar, die party maak nie melding van enige insident of geval nie en dit is ook nie duidelik of hy verwys na sy leier Panduleni Itula se middagete met diplomate nie. Die ete het ‘n herrie ontketen. In die verklaring sê party dat Swapo en ander opposisie-faksies hulleself daaraan skuldig gemaak het en dat hulle die IPC probeer ondermyn om sy momentum te breek.