Plaaslike inhoud moet beleid word – Hangala

Werkloosheid, en veral jeugwerkloosheid, is wêreldwyd ‘n probleem en so ook in Namibië. Die plaaslike jeugwerkloosheid-syfer word geskat op sowat 48 persent, en word voorsien om net erger te word. Lae ekonomiese groei en stygende inflasie dra by tot die probleem. Daar is egter ‘n lig in die tonnel na die ontdekking van olie- en gas-reserwes in die land, en met groen-energie verwikkelinge, maar dit moet reg bestuur word. Dr. Leake Hangala, ‘n plaaslike sakeman, het die saak by die Namibiese plaaslike inhoudkonferensie in Lüderitz aangeroer.