Inwoners van Grootfontein ruk op met klagskrif

Ontevrede inwoners van Grootfontein het vanmiddag tot voor die dorp se munsipaliteit opgeruk om ‘n klagskrif aan die uitvoerende hoof, Kisco Sinvula, te oorhandig. Gemeenskaplede sê hulle het genoeg gehad van die swak dienslewering, korrupsie, wanbestuur, die dorp se swak padinfrastruktuur asook die “onnodige” afdanking van kontrakwerkers. Sinvula was egter nie op kantoor nie. Gemeenskapsleier Morits Gaingob het aan die Afrikaanse dagblad Republikein gesê die uitvoerende hoof is vooraf van die beplande oorhandiging ingelig.