Presidensiële indiensnemingsveldtog vir jeug verwelkom

Ook in die buurland verwelkom die departement van basiese onderwys die duisende jongmense wat gewerf is vir die presidensiële jeug-indiensnemings-veldtog. Die program is in sy tweede fase met meer as 280 000 jeugdiges wat by skole regoor die land geplaas is. Hulle sal verskeie kurrikulêre en buitemuurse aktiwiteite volg, insluitend Leeskampioene en Kinder- en Jeug-sorgwerkers. Die woordvoerder, Terence Khala, sê die kandidate het die betrokke posbeskrywings ontvang en is by mentors geplaas wat leiding, raad en ondersteuning sal verleen.