Interpol soek na voortvlugtige vrou

Die Namibiese polisie se Interpol-afdeling versoek die publiek om dringend te help om ‘n voortvlugtige, die 44-jarige Victoria Namene Shikoyeni, op te spoor. Sy word deur Suid-Afrika gesoek in verband met poging tot moord en die ontvoering van ‘n minderjarige. Sy het na bewering haar borgtogvoorwaardes verbreek om nie by die Swakopmund-polisiekantoor aan te meld nie en het ook nie op 21 November 2021 by die hof opgedaag nie. ‘n Lasbrief vir haar inhegtenisname is op 21 Desember 2021 uitgereik. Nampol se woordvoerder, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, is aan die woord.