Canan Moodie maak môre sy debuut teen Leeus

Rugby: Canan Moodie sal die nuutste Bulle-speler wees om sy Verenigde Rugby-kampioenskap-debuut te maak, wanneer die span sy teenstanders van oorkant die Jukskei, die Leeus, môre in Johannesburg pak. ‘n Woordvoerder van die Bulle, Chumani Bambani, sê die 19-jarige, wat verlede jaar die onder-kaptein van die unie se onder-20-span was, sal as vleuel uitdraf en is die enigste nuweling in die opdrafspan. Die veteraan-Springbok-losskakel, Morné Steyn, sal na die beginspan terugkeer. Marcell Coetzee sal ook terug wees om die span te lei.