NamRA se kantore môre oop om belastingbetalers te help

Die Namibiese belasting-agentskap NamRa, gaan môre tussen nege-uur die oggend en een-uur die middag oop wees om belastingbetalers met uitstaande belasting met Elektroniese Belastingverligtingsprogram by te staan. Die verligting maak voorsiening vir die kwytskelding van 100 persent van boetes en 75 persent van rente op die vereffening van die uitstaande kapitaalbelastingbedrag en sal op 31 Januarie 2022 eindig. Steven Ndorokaze, hoofskakelbeampte van NamRA verduidelik.