Israel bombardeer Rafah-gebiede

Israeliese tenks en oorlogsvliegtuie het gebiede van Rafah gebombardeer, nadat die Amerikaanse president Joe Biden belowe het om wapens van Israel te weerhou as sy magte ‘n groot inval in die suidelike Gaza-stad begin. Die Palestynse militante groepe Hamas en Islamitiese Jihad gesê hul vegters het anti-tenk-vuurpyle en -mortiere afgevuur op Israeliese tenks aan die oostelike buitewyke van die stad. ‘n Helikopter daar het volgens inwoners op huise losgebrand, terwyl hommeltuie in verskeie gebiede bo huise gesweef het, sommige naby dakke. Onderhandelinge oor wapenstilstand in Kaïro het ‘n bietjie vordering gemaak, maar geen ooreenkoms is bereik nie. Die Hamas-afvaardiging het na Doha vertrek vir konsultasies en blameer Israel vir die gebrek aan ooreenkoms tot dusver.