Mosambiekse seuns uit fabriek, gaan huis toe

Die Gautengse maatskaplike ontwikkeling-departement sê sy maatskaplike werkers stuur agt tienerseuns van Mosambiek terug huis toe. Die seuns van tussen 13 en 17 is tydens ʼn polisieklopjag gevind nadat die arbeid-departement daarvoor gevra het. Maatskaplike ontwikkeling se woordvoerder, Themba Gadebe, sê hulle het in Januarie inligting ontvang dat ʼn Chinese fabriek in Nigel kinders en onwettige buitelandse burgers in diens het.