Somalië wil VN-sending beëindig

Somalië se regering het die beëindiging van ‘n VN-politieke sending versoek wat hom vir meer as ‘n dekade oor vredebou, veiligheidshervormings en demokrasie geadviseer het, volgens ‘n brief van die buitelandse sake-minister aan die Veiligheidsraad. Die versoek vir die vertrek van die 360 lede van die VN se hulpsending in Somalië wanneer sy mandaat in Oktober verstryk, het die sending verras. Die sending is apart van ‘n militêre sending van die Afrika-unie onder ‘n VN-mandaat, wat uit ten minste 10 000 soldate bestaan en teen die einde van hierdie jaar sal onttrek. Matt Bryden, sê die federale regering het die sending voorheen daarvan beskuldig dat hy by interne sake inmeng.