Verwag meer dwelm-arrestasies: oud-dwelmeenheid hoof

Die konfiskering van byna 112kg dagga ter waarde van meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar het die tonge los. NamPol het op inligting reageer en die twee verdagtes naby Noordoewer voorgelê, en hulle gearresteer nadat hulle die Oranjerivier onwettig oorgesteek het. Die 94 pakke verpakte skunk dagga by hulle was glo vir Rundu bestem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hermie Van Zyl, die voormalige hoof van die NamPol dwelmeenheid, wat sê die dwelmvondse sal net meer en groter word.