Komitee wil gereeld ingelig word oor sake van Waarheids- en Versoeningskommissie  

Die parlementêre portefeuljekomitee op justisie en korrektiewe dienste het besluit om kwartaalliks met die Nasionale Vervolgingsgesag te vergader. Die komitee wil gereeld ingelig word oor vordering met sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie. Dit volg nadat die komitee verlede week daarop gelet het die NVG het die spertyd misgeloop om inligting te voorsien oor vervolging in die saak van die Cradock Vier. Die families van sommige van die Oos-Kaapse stryd-helde het die NVG hof toe geneem om ‘n besliste onderneming met ‘n tydsraamwerk vir ‘n oplossing van die kwessie te bekom.