Internasionale Geregshof beveel Israel om kos na Gaza toe te laat

Die Internasionale Geregshof het Israel beveel om onbelemmerde toegang van voedselhulp in Gaza toe te laat, waar groot dele van die bevolking hongersnood in die gesig staar. Dit is ‘n beduidende wettige teregwysing op Israel se bewering dat dit nie hulplewerings blokkeer nie. ’n Paneel regters by die VN se hoogste hof, wat reeds ’n klag van Suid-Afrika oorweeg dat Israel volksmoord in die Palestynse gebied pleeg, het die uitspraak uitgereik ná ’n vroeëre noodmaatreël in Januarie wat Israel verplig het om noodhulp toe te laat. Kragtens internasionale wetgewing word die gebruik van hongersnood as ‘n oorlogswapen uitdruklik verbied, terwyl besettingsmagte ook wetlik verplig is om te verseker dat diegene in gebiede wat hulle beheer van lewensmiddele voorsien word.