Internasionale Energiekonferensie gaan Namibië as bestemming vir energiebeleggings bevorder

Die vierde Internasionale Energiekonferensie sal Namibië as bestemming vir energiebeleggings bevorder. Dit vind vanaf 20 tot 22 April in Windhoek plaas. Die konferensie word deur Rich Africa Consultancy georganiseer en sal oor twee dae onder die vaandel van die ministerie van myne en energie aangebied word. Andreas Simon, die hoofskakelbeampte in die ministerie sê die konferensie sal voordelig vir Afrika én Namibë wees.