Organisasie vir fluitjieblasers in SA bekend gestel

‘n Openbare hulporganisasie in die buurland is vandag aanlyn bekend gestel om mense bewus te maak van fluitjieblasers se lot en om hul belangrike rol te erken om etiek en demokrasie te bevorder. ‘n Woordvoerder, Cynthia Stimple, sê The Whistleblower House is gestig deur die gewese adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Ivan Pillay, die voormalige hoofbestuurder van Trillian Management Consulting, Bianca Goodson, en ‘n bestuurder van die Etiek-instituut, Liezl Groenewald. Stimple sê een van hul pligte sal wees om toegang te vergemaklik.