Staatsadvokaat sê Ace se regspan het nie die dossier gelees

Die Suid-Afrikaanse staatsadvokaat, Naseer Cassim, beskuldig die regspan van die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, dat hulle nie die dossier met bewyse teen hom, behoorlik gelees het nie. Magashule en nog drie ander probeer in die hooggeregshof in Bloemfontein om aanklagte van bedrog en korrupsie teen hulle teruggetrek te kry. Magashule en 15 mede-beskuldigdes staar verskeie aanklagte in die gesig weens ‘n kontrak van meer as 255 miljoen rand wat in 2014 toegestaan is om behuisingsmateriaal van asbes in die Vrystaat te ondersoek en te verwyder. Cassim sê Magashule, as vorige premier, moet verantwoordelik gehou word.