Inkomste-toelaag is uitstekende plan – ekonoom

Reaksie word ontvang op berigte dat die Namibiese kabinet ‘n basiese inkomste-toelaag vir begunstigdes van die voedselbank en gemarginaliseerde gemeenskappe in prinsiep goedgekeur het. Die bekende Unam-ekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu sê dit is ‘n baie goeie besluit en moet ook geag word as ‘n stimulus vir die ekonomie.