Covid het nie ‘n groot impak op operasies by privaat hospitale gehad nie

‘n Namibiese pulmonoloog het gereageer op Die Groote Schuur-hospitaal, een van Kaapstad se voorste tersiêre akademiese hospitale, wat sê meer as 10 000 operasies kon weens die Covid-pandemie oor die afgelope twee jaar nie uitgevoer word nie. Dr. Willie Bruwer sê dat terwyl die pandemie oral gevoel word, het dit nie so ‘n erge impak op veral Namibiese privaat hospitale gehad nie.