SAPS, SANDF moet ontplooi word by skole

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om te midde van sporadiese geweld polisie en soldate na skole te ontplooi. In KwaZulu-Natal het gewapende rowers by die Hoërskool Dassenhoek in Pinetown ingegaan en vier leerlinge gesteek. En vroeër is die adjunkhoof by die Phomolong Sekondêre Skool in Tembisa in Gauteng, buite die skool vermoor. Ontvoerings vind ook plaas. Makaneta sê die regering kan nie terugsit en toekyk hoe leerders en onderwysers steeds aan onveilige skoolomgewings onderwerp word nie. Hy voeg by die land het gesamentlik misluk om die lewens van onderwysers en leerders te beskerm.