Inheemse tale moet beskerm word

Dr. Christian Harris van die Universiteit van Namibië is die outeur van Linguistic rights in Africa: A critical analysis of the survivability of indigenous languages of Namibia. Die oorlewing van inheemse tale in Namibië vorm die grondslag van sy studie en behels die beskerming en bevordering van inheemse tale in Afrika. Harris se studie bevind die Grondwet erken die regte van tale, maar daar is nie ‘n spesifieke wet of taalliggaam wat plaaslike tale beskerm nie. Harris beveel aan dat die Namibiese Nasionale Taalbeleid van 1981 hersien en opdateer word. Hy meen ook Afrika-tale moet in alle onderriginstellings gebruik word.

Harris het ook die belangrikheid en voordele van die gebruik van die inheemse tale verduidelik.