Namibiese weermag, plaasboere help brand by Naruchas blus

Die brandweerhoof van Rehoboth, Dirkie Cloete, sê hulle is nog besig om die brand in die Naruchas-omgewing in die Hardap-streek onder beheer te kry. Hy sê suidelike deel van die vuur is nog nie onder beheer nie en dit het oor die treinspoor gespring. Cloete het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê talle plaasboere, die Namibiese weermag en Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers is ook op die toneel om die brand te help blus.