Ingenieurs wil houtstof in batteryvervaardiging gebruik

Ingenieurs in Finland ondersoek die moontlikheid om houtstof in bome in te sluit by die proses om batterye te vervaardig. Volgens hulle sal houtstof batterye meer eko-vriendelik maak en herlaaibaarheid verbeter. Die ingenieurs beoog om houtstof uit afvalpulp te onttrek en om dit te verwerk om koolstofmateriaal vir battery-anodes te maak. Intussen glo ʼn battery-ingenieur van die Universiteit van Wes-Kaapland, Olivier Kasikala, daar is beter alternatiewe wat ook volop is en reeds verby die laboratorium-fase gevorder het.