Motorsport: Koning van Dakar is uit

Motorsport: Die koning van Dakar Stéphane Peterhansel se Audi e-tron was in ‘n ongeluk en sy tydren in Saoedi-Arabië is verby. Die sesde sneltrajek Vrydag was die langste dag vir die deelnemers nóg. Die Toyota Gazoo Racing-span het teen donker eers by die oornag-tentkamp in Riaad aangekom. Die beloning na hierdie lang dag was ‘n derde sneltrajek-oorwinning vir Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel. Henk Lategan en Brett Cumming was derde en is nou algeheel tweede. Nuweling Lucas Moraes in ‘n Suid-Afrikaans geboude Hilux en deel van Overdrive Racing is algeheel derde. Giniel de Villiers en Dennis Murphy was 26ste na ‘n baie moeilike dag, maar is vierde algeheel.