SA taxibestuurders gee beurtkrag skuld vir agterstallige rybewyse

Die National Taxi Alliance in die buurland gee beurtkrag die skuld vir die vertragings met die hernuwing van bestuurspermitte. Die alliansie se padveiligheids-koördineerder Fusi Makhasane, sê van die permitte kon nie betyd hernu word nie weens beurtkragonderbrekings. Volgens Makhasane is die meeste taxi’s op nasionale deurpaaie ook geskut weens ‘n agterstand in die uitreik van tydelike lisensies.