Inflasie: Ons kla met die witbrood onder die arm

Namibiërs kla dalk met die witbrood onder die arm. Terwyl plaaslike inflasie op 5,4 persent gemeet is, is dit baie hoër in lande soos die VSA en Brittanje waar dit rondom 8 persent gemeet word. Maar, dinge kan erger wees. Volgens die Hanke-inflasietabel, het Zimbabwe die hoogste inflasie ter wêreld, op 377 persent in April vanjaar gemeet. Sri Lanka, wat erge tekorte van ‘n verskeidenheid produkte ervaar met wydverspreide onrus, lê tweede met ‘n inflasie-koers van 128 persent. Volgens die adjunk-president van die Citizens Coalition for Change-party, voorheen die MDC, Tendai Biti, is die gevolge hiervan ‘n ramp vir werkende gesinne met 82 persent van die bevolking wat nou in uiterste armoede leef. Hy sê President Emmerson Mnangagwa se regering het misluk in absolute terme.