Buitelandse eienaarskap van kommunale grond is fopnuus – Calle

Die Namibiese minister van landbou, Calle Schlettwein het aantygings op sosiale media, dat kommunale grond op pag aan buitelanders gegee sal word, ten sterkste verwerp. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die huidige wetgewing in verband met kommunale grond dit nie eers toelaat nie. Die Affirmative Repositoning-beweging was die afgelope tyd redelik uitgesproke oor die kwessie en het kritiek teen die regering uitgespreek in die verband. Schlettwein sê die berigte is fopnuus.