Duisende Soedannese ruk op in massa-optogte

Die Verenigde Nasies se kantoor vir menseregte sê hy het 13 aantygings van verkragting tydens Sondag se massa-optog in Soedan ontvang. Volgens die VN, is klagtes teen lede van die sekuriteitsmagte gemaak. Duisende Soedannese het opgeruk na die presidensiële paleis in Khartoum om teen die ooreenkoms tussen weermagleiers en die premier Abdalla Hamdock te protesteer. Dit het gewelddadig geword en lewendige ammunisie is gebruik, sowel as traangas. Volgens die VN, is van die slagoffers deur soldate gegryp toe hulle van die geweld gevlug het. Minette van der Bijl Kosmos 94.1 se korrespondent in Soedan doen verslag.